Weichai Group

Weichai Holding Group Co., Ltd.
Tipe Onderneming in staatsbesit
Gestig 1946 in Weihai
Hoofkantoor Provinsie Shandong, Volksrepubliek China
SleutelpersoneTan Xuguang (voorsitter)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieMotorbedryf, skeepsbou, intelligente logistiek
ProdukteDieselenjins
Aandryflyne
Oorbringwerk
Asse
Motorkomponente en -onderdele
Kragopwekking
Voertuie
Motorjagte
Hidrouliese produkte
Inkomste$12,88 miljard (2014)
Netto inkomste$812 miljoen (2014)
Werknemers80 000+ (2019)
MoedermaatskappyShandong Heavy Industry
Webwerfweichai.com

Weichai Holding Group Co., Ltd. (Chinees: 潍柴控股集团有限公司) is 'n Chinese houermaatskappy in staatsbesit wat op die ontwerp, vervaardiging en bemarking van dieselenjins fokus. Die onderneming het belange in ses verskillende sektore - enjins en voertuie, boumasjinerie, aandryflyne, luukse motorjagte, intelligente logistiek en finansiële en onderhouddienste.

'n Vragmotor in Kamsar, Guinee, gebou deur Shaanxi Heavy-duty Motor Co. Ltd (of te wel SHACMAN), 'n filiaal van Weichai-groep

Vanuit sy hoofkwartier in Weifang in die provinsie Shandong bestuur Weichai Group meer as 80 dogtermaatskappye in China en in oorsese lande. Die groep vervaardig produkte en verskaf dienste asook tegnologieë vir kommersiële voertuie, boumasjinerie, mariene kragopwekking, landboumasjinerie en landgebonde kragopwekking. Deur middel van dogterondernemings is die groep se portefeulje verder uitgebrei om vervoertourusting, busse, luukse motorjagte en hidrouliese produkte in te sluit. Daarnaas word ook finansiële en onderhouddienste aan klante verskaf.

Weichai Group se afsetmarkte in sowat 110 lande word deur meer as 35 kantore en 245 geoutoriseerde diensstasies bedien.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne