Weichai Holding Group Co., Ltd. | |
![]() | |
Tipe | Onderneming in staatsbesit |
---|---|
Gestig | 1946 in Weihai |
Hoofkantoor | Provinsie Shandong, Volksrepubliek China |
Sleutelpersone | Tan Xuguang (voorsitter) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Motorbedryf, skeepsbou, intelligente logistiek |
Produkte | Dieselenjins Aandryflyne Oorbringwerk Asse Motorkomponente en -onderdele Kragopwekking Voertuie Motorjagte Hidrouliese produkte |
Inkomste | $12,88 miljard (2014) |
Netto inkomste | $812 miljoen (2014) |
Werknemers | 80 000+ (2019) |
Moedermaatskappy | Shandong Heavy Industry |
Webwerf | weichai.com |
Weichai Holding Group Co., Ltd. (Chinees: 潍柴控股集团有限公司) is 'n Chinese houermaatskappy in staatsbesit wat op die ontwerp, vervaardiging en bemarking van dieselenjins fokus. Die onderneming het belange in ses verskillende sektore - enjins en voertuie, boumasjinerie, aandryflyne, luukse motorjagte, intelligente logistiek en finansiële en onderhouddienste.
Vanuit sy hoofkwartier in Weifang in die provinsie Shandong bestuur Weichai Group meer as 80 dogtermaatskappye in China en in oorsese lande. Die groep vervaardig produkte en verskaf dienste asook tegnologieë vir kommersiële voertuie, boumasjinerie, mariene kragopwekking, landboumasjinerie en landgebonde kragopwekking. Deur middel van dogterondernemings is die groep se portefeulje verder uitgebrei om vervoertourusting, busse, luukse motorjagte en hidrouliese produkte in te sluit. Daarnaas word ook finansiële en onderhouddienste aan klante verskaf.
Weichai Group se afsetmarkte in sowat 110 lande word deur meer as 35 kantore en 245 geoutoriseerde diensstasies bedien.