Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Rusland |
Deelgebied | Nowgorod-oblast |
Federale distrik | Noordwes |
Koördinate | 58°33′N 31°17′O / 58.550°N 31.283°O |
Stigting | c. 859 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 90,08 vk km |
Bevolking: | |
- Totaal (2011) | 218 724 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 428 km |
Tydsone | UTC +4 |
- Somertyd | UTC +5 |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 4,3 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -9,2 / 17,3 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 561 mm |
Burgemeester | Joeri Bobrishef |
Amptelike Webwerf | http://www.adm.nov.ru/ Geargiveer 31 Oktober 2011 op Wayback Machine |
Weliki Nowgorod (Russies: Вели́кий Но́вгород) is een van Rusland se mees historiese stede[1] en die administratiewe hoofstad van Nowgorod-oblast. Dit is geleë aan die Russiese federale snelweg M10 wat Moskou en Sint Petersburg verbind en aan die Wolchof-rivier. Dit was net bekend as Nowgorod ("Nuwe Stad") tot in 1999, toe dit sy huidige naam ("die Groot Nowgorod") gekry het na aanleiding van sy Middeleeuse naam, "Meester Nowgorod die Grote", en om verwarring met Nizjni Nowgorod, 'n stedelike nedersetting aan die Wolga, te voorkom. Volgens die 2010-sensus het die stad 218 724 inwoners.