Model van Wenera 4 | |||||
Sendingtipe | Venus-atmosfeer wenteltuig | ||||
---|---|---|---|---|---|
Operateur | GSMZ Lavochkin | ||||
COSPAR-ID | 1967-058A | ||||
SATCAT-nr. | 02840 | ||||
Sendingstydsduur | Ruimtetuig: 127 dae | ||||
Ruimtetuigeienskappe | |||||
Ruimtetuig | 4V-1 [1] | ||||
Vervaardiger | GSMZ Lavochkin | ||||
Lanseermassa | 1 106 kg[2] | ||||
Droë massa | 377 kg | ||||
Begin van sending | |||||
Lanseerdatum | 12 Junie 1967, 02:39:45 UTC[2] | ||||
Vuurpyl | Molnija 8K78M | ||||
Lanseerplek | Baikonoer 1/5 | ||||
Einde van sending | |||||
Laaste kontak | 18 Oktober 1967, 04:34 GMT | ||||
Omwentelingsparameters | |||||
Verwysingstelsel | Heliosentries | ||||
Periheliumhoogte | 0,71 AE | ||||
Afeliumhoogte | 1,02 AE | ||||
Helling | 4,3° | ||||
Periode | 293 dae | ||||
Venus-impak (mislukte landing) | |||||
Impakdatum | 18 Oktober 1967, 04:34 GMT | ||||
Impakterrein | 19°N 38°O (Eisila-area) | ||||
| |||||
Wenera 4 (Russies: Венера-4 wat Venus 4 beteken), ook bekend as 4V-1 No.310, is 'n Sowjetse ruimtetuig wat deel van hul Wenera-ruimteprogram was. Dit was ontwerp om die planeet Venus se oppervlakte te verken. Die sondeerder het bestaan uit die verbyvlugtuig en 'n landingstuig, wat ontwerp is om Venus se atmosfeer binne te dring en met 'n valskerm na die oppervlakte neer te daal. Die verbyvlugtuig het die landingstuig na Venus toe gedra en daar ook as 'n kommunikasie-herleier gedien.
In 1967 het Wenera 4 die eerste ruimtetuig geword wat daarin kon slaag om 'n ter plaatse analise van die samestelling van 'n ander planeet te doen en het die eerste chemiese ontleding van Venus se atmosfeer gedoen. Die ontleding het gewys dat die atmosfeer hoofsaaklik uit koolstofdioksied met 'n klein persentasie stikstof en minder as een persent suurstof tesame met waterdamp bestaan. Toe dit die atmosfeer van Venus binnegedring het, was dit die eerste ruimtetuig wat dit suksesvol gedoen het.[3] Die tuig het ook 'n swak mageneetveld maar geen uitstraling veld gemeet nie. Die buitenste atmosferiese laag het baie min waterstof bevat en geen atomiese suutstof nie. Die tuig het die eerste metings gestuur wat aangedui het dat Venus buitengewoon warm was, dat sy atmosfeer baie meer dig is as wat verwag was en dat dit die meeste van sy water reeds lank terug verloor het.