Seël van Wenera 11 | |||||
Sendingtipe | Venus-wenteltuig / landingstuig | ||||
---|---|---|---|---|---|
Operateur | Soviet Academy of Sciences | ||||
COSPAR-ID | 1978-084A 1978-084D | ||||
SATCAT-nr. | 11020 11027 | ||||
Sendingstydsduur | Reis: 3 maande 16 dae Lander: 95 minute | ||||
Ruimtetuigeienskappe | |||||
Ruimtetuig | 4V-1 No. 360 | ||||
Lanseermassa | 4,447.3 kg | ||||
Landingsmassa | 760 kg | ||||
Begin van sending | |||||
Lanseerdatum | 9 September 1978 03:25:39 UTC | ||||
Vuurpyl | Proton-K/D-1 8K82K | ||||
Lanseerplek | Baikonoer 81/23 | ||||
Einde van sending | |||||
Laaste kontak | 1 Februarie 1980: Wenteltuig | ||||
Omwentelingsparameters | |||||
Verwysingstelsel | Geosentries | ||||
Perigeumhoogte | 177 km | ||||
Apogeumhoogte | 205 km | ||||
Helling | 51,5° | ||||
Venus-ruimtetuig | |||||
Ruimtetuigkomponent | Ruimtetuig | ||||
Venus-lander | |||||
Ruimtetuigkomponent | Landingstuig | ||||
Landingsdatum | 25 Desember 1978, 03:24 | ||||
Landingsplek | 14°S 299°E | ||||
| |||||
Wenera 11 (Russies: Венера-11 wat Venus 11 beteken) is 'n onbemande Sowjetse ruimtetuig wat deel van hul Wenera-ruimteprogram was om Venus te verken. Dit is om 03:25:39 UTC op 9 September 1978 gelanseer.[1]
Die landingstuig het op 23 Desember 1978 van die satellietbus geskei en twee dae later die atmosfeer van Venus binnegedring op 25 Desember teen 11,2 km/s. Gedurende die daalfase was aerodinamiese remme en valskerms gebruik om die snelheid te verminder en laastens atmoseerremme. Die landingstuig het 'n sagte landing gemaak om 06:24 Moskoutyd (03:24 Universele Tyd) op 25 Desember nadat dit vir ongeveer 'n uur gedaal het. Die snelheid waarmee die tuig die oppervlakte getref het was ongeveer 7 tot 8 m/s.[2][3]Inligting was gestuur na die Aarde via die wenteltuig wat as 'n herhaler gedien het; dit het aangehou totdat die wenteltuig na 95 minute na landing buite reik geraak het. Die landingskoördinate was 14°S 299°E.