Wes-Fries (Westerlauwersk) Frysk | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Nederland | |
Gebied: | Friesland Groningen | |
Totale sprekers: | 470 120[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Anglo-Fries Fries Wes-Fries | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Nederland | |
Gereguleer deur: | Fryske Akademy | |
Taalbedreigingstatus | ||
Veilig NENie bedreig nie Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | fy
| |
ISO 639-2: | fry
| |
ISO 639-3: | fry
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Wes-Fries of Westerlauwers Fries ((Westerlauwersk) Frysk, Nederlands: (Westerlauwers) Fries) is 'n Wes-Germaanse taal wat deur sowat 470 120 mense hoofsaaklik in die Nederlandse provinsies Friesland asook in Groningen gepraat word. Dit vorm saam met Nederlands die amptelike taal van Friesland (Fryslân). Die naam Westerlauwers Fries is afgelei van die historiese taalgrens langs die Lauwers-rivier in noordelike Nederland, wat dié taal van Oos-Fries geskei het, en vandag die grens van die twee provinsies Friesland en Groningen vorm.
Die naaste tale, wat nou aan Wes-Fries verwant is, is Noord- en Oos-Fries (hede net Saterland-Fries), wat uit Ou-Fries ontstaan het. Die naaste verwante tale is Engels en Skots, wat saam met die Friese tale die Anglo-Friese tale vorm.