Wes-Vlaams West-Vlams/West-Vloams | ||
---|---|---|
Gepraat in: | België Frankryk Nederland | |
Gebied: | Wes-Vlaandere | |
Totale sprekers: | 1 204 000[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Germaans Wes-Germaans Nederfrankies Nederlands Wes-Vlaams | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Taalbedreigingstatus | ||
Veilig NENie bedreig nie Dit is 'n kwesbare taal volgens die UNESCO-wêreldatlas van bedreigde tale.
| ||
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | vls
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Wes-Vlaams (West-Vlams, West-Vlams, West-Vloams, Nederlands: West-Vlaams) is 'n Nederfrankiese dialek, wat tot die Nederlandse taal behoort. Wes-Vlaams word tot die Hollands-Frankiese dialekte en die suidwestelike dialekgroep gereken.
Wes-Vlaams word in die westelike deel van België gepraat: hoofsaaklik in die provinsie Wes-Vlaandere, verder in die noord- en middel-weste van die provinsie Oos-Vlaandere en in die munisipaliteit Komen-Waasten van die provinsie Hainaut (gedeeltelik). Daarbenewens word Wes-Vlaams ook in die weste van die Nederlandse gebied van Zeeuws-Vlaandere[2] en in Frans-Vlaandere[3] (gedeeltelik) gepraat.
Die Wes-Vlaamse streektaal het invloede van die nabygeleë Pikardies, 'n Romaanse streektaal, ondergaan.
Die ooste van Wes-Vlaandere en die weste van Oos-Vlaandere vorm 'n oorgangsgebied tussen die Wes-Vlaamse en die Oos-Vlaamse dialek.