Wes-Vlaandere West-Vlaanderen | |
---|---|
Provinsie | |
Die IJzerrivier naby Diksmuide | |
Ligging van die provinsie Wes-Vlaandere in België | |
Kaart van die provinsie Wes-Vlaandere | |
Koördinate: 51°0′N 3°0′O / 51.000°N 3.000°O | |
Land | België |
Gewes | Vlaandere |
Hoofstad | Brugge |
Regering | |
• Goewerneur | Carl Decaluwé (CD&V) |
Oppervlak | |
• Totaal | 3 196,59 km2 (1 234,21 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 220 026 |
• Digtheid | 382/km2 (990/vk. myl) |
1 Januarie 2023 | |
Tydsone | UTC+01:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+02:00 (MEST) |
Webwerf | www.west-vlaanderen.be |
Wes-Vlaandere (Nederlands: West-Vlaanderen, Frans: Flandre-Occidentale, Duits: Westflandern, Wes-Vlaams: West-Vloandern) is 'n Belgiese provinsie in Vlaandere. Die provinsie het 'n bevolking van sowat 1 220 000 in 2023 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 3 197 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 382 per km². Die hoofstad is Brugge.
Wes-Vlaandere lê in die uiterste noordweste van België en grens in die noorde aan die Nederlandse provinsie Zeeland, in die noordweste aan die Noordsee en in die suidweste (en 'n stukkie in die suide) aan die Franse gewes Nord-Pas-de-Calais. In Wes-Vlaandere word Nederlands en Wes-Vlaams gepraat.
In die uiterste suidweste lê die Wes-Vlaamse Heuwelland. Deur die provinsie vloei die IJzer- en Leieriviere. Die hoogste punt is die Kemmelberg (156 m) in die munisipaliteit Heuvelland in die Wes-Vlaamse Heuwelland.