Die Westdenedam-ramp is 'n busongeluk wat op 27 Maart 1985[1] in Westdene, Johannesburg, Suid-Afrika plaasgevind het. Die bestuurder het beheer oor die bus verloor en deur die versperring om die dam gebars en in die dam beland. Die bus het skoliere van Hoërskool Vorentoe vervoer. Die ramp het die lewens van 42 kinders geëis. Die meeste van die kinders het waarskynlik verdrink, aangesien die impak van die botsing nie so groot was nie.