Western Force (Superrugbyspan)

Western Force
Stigting 2005
Unie RugbyWA
Ligging Perth, Australië
Streek Wes-Australië
Stadion nib-stadion
Kapasiteit 20 500
Afrigter(s) Michael Foley
Kaptein(s) Matt Hodgson
Liga(s) Superrugby
2017 12de
Tuiskleure


Weg kleure

Statistiek
Eerste wedstryd
Western Force 10 – 25 Brumbies
(10 Februarie 2006)
Grootste oorwinning
Western Force 55 – 14 Lions
(24 April 2009)
Grootste nederlaag
Crusaders 53 – 0 Western Force
(7 April 2007)
Unie webwerf
www.rugbywa.com.au

Die Western Force is ’n Australiese rugbyspan wat as ’n konsessie aan Superrugby deelgeneem het van 2006 – 2017. Die konsessie sluit die hele Wes-Australië in. Hulle tuiswedstryde word op die nib-stadion in Perth gespeel. Die huidige kaptein van die span is Matt Hodgson

Die Western Force was een van die twee nuwe konsessies wat in 2006 tot die uitgebreide Super 14-kompetisie toegetree het; die ander was die Cheetahs. Die span se eerste seisoen het baie swak afgeloop en hulle het heel laaste op die punteleer geëindig. In die volgende drie seisoene het die span egter heelwat beter gevaar.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne