Wet op Bantoe-onderwys

Die Wet op Bantoe-onderwys, No. 47 van 1953, is deur die Suid-Afrikaanse Parlement goedgekeur en op 5 Oktober 1953 deur die goewerneur-generaal onderteken. Dit sou in werking tree op ’n datum deur die goewerneur-generaal in ’n proklamasie bepaal. Die wet is voorafgegaan deur ’n kommissie, bekend as die Eiselen-kommissie, wat aangestel is om ’n plan te beraam vir die onderwys en opleiding van swart kinders.[1] In 1976 sou die wet, veral die toepassing daarvan, blameer word vir die skoliere se oproer in Soweto.

Die Onderwysbeleid van die Nasionale Party onder Verwoerd word dikwels gekritiseer deur die "per skolier" uitgawe tussen wit en swart kinders te vergelyk. Giliomee betoog dat blanke onderwys destyds nie te wonderlik was nie en inderdaad veel meer befondsing nodig gehad het. Die regering sou kwalik wit kiesers kon oorreed om vier keer meer op swart onderwys te spandeer.[2]

  1. Rakometsi, Mafu Solomon: The Transformation of Black School Education in South Africa, 1950–1994: A Historical Perspective, Ongepubliseerde Ph.D. referaat, Universiteit van die Vrystaat, 2008, rubriek 2.4.
  2. Giliomee, Hermann: A Note on Bantu Education, 1953 to 1970, South African Journal of Economics, Volume 77:1 Maart 2009, p.191.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne