Persoonlike aanvalle is beslis nie welkom op Wikipedia nie!
Lewer gerus kommentaar op die inhoud van artikels en pleeg oorleg daaroor, maar nie op die skrywers daarvan nie. Persoonlike aanvalle werk demotiverend, en kan 'n negatiewe sfeer tot gevolg hê.
Die feit dat Wikipediane nie oor allerlei sake sal saamstem nie, is heel gesond: dit kan bydra tot meer balans in artikels en 'n hoër kwaliteit. Die belig van 'n onderwerp uit verskillende perspektiewe kan bevorderlik wees vir die neutraliteit van 'n artikel. Inhoudelik kan gebruikers dalk grondig van mekaar verskil, solank mens korrek optree en die Wikipedia-etiquette volg.