Dit is nuttig om 'n plek te hê waar oor sake rakende die gebruik van die taal gepraat kan word – veral indien gebruikers probleme het om die regte terme te vind, soos nou op hierdie lys vermeld word. Ons is nie die enigste mense wat met dié probleem te kampe het nie. Sien byvoorbeeld hierdie forum. Ek glo voordat mense terme op die lys sit, moet daar 'n mate van bespreking daaroor wees, sodat dié lys regtig "deur die gemeenskap" geskryf is.