Wikipedia:Spoedige verwyderings

In teenstelling met Wikipedia se proses om onensiklopediese artikels vir verwydering te nomineer, is daar ook artikels wat vir spoedige verwydering kwalifiseer. In hierdie beperkte aantal gevalle mag administrateurs Wikipedia-bladsye sonder bespreking verwyder. Gebruikers wat nie administrateursregte het nie, kan die spoedige verwydering van 'n bladsy aanvra deur {{skrap|"rede"}} bo-aan 'n bladsy voeg, waar "rede" die plekhouer vir 'n geldige rede vir verwydering is. In hierdie geval verwys "spoedige" na die eenvoudige beslissing om die bladsy te skrap, nie na die tydsduur sedert die skepping van die bladsy nie.

Hierdie bladsye bevat die kriteria vir spoedige verwydering. Die noue bewoording behoort aan gebruikers duidelik te maak welke bladsye vir spoedige verwydering kwalifiseer, al dan nie. Wanneer 'n gebruiker twyfel, kan hy die bladsy eerder vir verwydering nomineer, wat bespreking rondom die verwydering behels. Soms kan oorleg op die besprekingsblad of met die skepper van die bladsy ook tot 'n oplossing lei. Indien 'n bladsy reeds 'n verwyderingsgesprek oorleef het, kan dit slegs vir spoedige verwydering kwalifiseer indien bewyse van kopieregskending ontdek word.

Die skepper van die bladsy mag nie self die sjabloon verwyder nie: indien hy nie saamstem met die gegewe rede nie, kan hy die saak op die betrokke blad se besprekingsblad opper.

Net omdat 'n bladsy aan een van die vereistes hier onder voldoen, beteken nie dat dit spoedige verwydering vereis word nie. Gebruikers mag sulke bladsy wysig om dit te verbeter, die inhoud saam met ander artikels smelt, ens. in 'n poging om die inhoud aanvaarbaar te maak. Soms word artikels deur nuwe gebruikers ook met stampe en stote bygevoeg: gebruik diskresie om te oordeel tussen blatante vandalisme en 'n artikel wat miskien nog aan gewerk gaan word. Indien daar 20 minute na die eerste wysiging geen ander wysigings aangebring is nie, kan daar aanvaar word dat dit bloot 'n toetswysiging of vandalisme was. Wanneer 'n gebruiker die "spoedige verwydering"-sjabloon toevoeg, moet daar ook gemeld word waarom die bladsy vir spoedige verwydering kwalifiseer (uit die redes hieronder genoem). Alhoewel dit nie vereis word nie, behalwe in die geval van kopieregskending, word dit ook as bedagsaam beskou om die goedbedoelde skepper en ander hoofbydraers van die betrokke bladsy te verwittig dat hulle werk moontlik geskrap gaan word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne