Op Wikipedia is 'n weesbladsy "'n artikel met geen skakels van ander bladsye af in die "Main" artikel naamruimte". Hierdie bladsye kan steeds gevind word deur Wikipedia te soek, maar dit is verkieslik dat hulle ook bereik kan word deur skakels vanaf verwante bladsye; dit is dus nuttig om skakels vanaf ander geskikte bladsye met soortgelyke of verwante inligting by te voeg. Ontweesing van artikels is 'n belangrike aspek van die bou van die web.
Meer in die omgang gebruik redakteurs ook soms "weesbladsy" om te verwys na bladsye wat nie soveel inkomende skakels het as wat hulle behoort nie, selfs al voldoen hulle nie aan die tegniese definisie vir weesstatus nie.