'n WikiDwergie is 'n term vir 'n wikigebruiker wat klein en handige redigering doen sonder om aan te dring op aandag. WikiDwergies werk agter die skerms van 'n wiki en doen dingetjies soos om:
Ander voorbeelde van WikiDwergiegedrag sluit in:
Baie hoogs-aktiewe wikibydraers toon ook WikiDwergie-tipe gedrag, terwyl andere hulleself totaal beperk tot WikiDwergie-aktiwiteite.
WikiDwergies word beskou as baie vriendelik, net soos WikiFeetjies. Die teenoorgestelde van 'n WikiDwergie is 'n WikiGremlin of 'n WikiTrol.
WikiDwergies is baie lief daarvoor om in die skaduwees te werk (besig met klein veranderinkies) in verskeie hoekies en kantjies van Wikipedia. Kyk na "geskiedenis" en jy sal dalk een raaksien!
Die lys van Wikipediane wat hulleself as WikiDwergies beskou, kan gesien word in Kategorie:Gebruiker Wikipedia/wikidwergies.
As jy wil, kan jy jou dwergiekwaliteite bekend maak deur die volgende by jou gebruikersbladsy te voeg:
{{Gebruiker wikipedia/WikiDwergie}}
As jy verkies om nie Gebruikersblokke te gebruik nie, kan jy jouself by die WikiDwergieskategorie voeg deur die volgende lyntjie aan die einde van jou gebruikersbladsy te voeg:
[[Kategorie:Gebruiker Wikipedia/wikidwergies|{{PAGENAME}}]]