Wikipediane is mense wat artikels vir Wikipedia skryf en/of redigeer. Die Wikipedia-gemeenskap wat individueel en kollektief as Wikipediane bekend staan, is 'n aanlyn gemeenskap vrywilligers wat Wikipedia, 'n aanlyn ensiklopedie, skep en onderhou. Sedert Augustus 2012 kan die Engelse term "Wikipedian" in die Oxford Dictionary gevind word.[1]
Wikipediane kan hulself as deel van die Wikipedia-beweging beskou - 'n wêreldwye netwerk van vrywillige bydraers tot Wikipedia en ander projekte wat deur die Wikimedia Foundation aangebied word.
Vir meer inligting oor die Afrikaanse Wikipedia se ontstaan, ontwikkeling en gebruikers, volg die Afrikaanse Wikipedia-skakel.
Sien Wikipedians vir 'n meer breedvoerige Engelse definisie.