Hierdie bladsy bespreek wysigingskonflikte, en hoe om te werk te gaan daarmee. Om te verstaan wat 'n wysigingskonflik is, oorweeg die volgende situasie:
- Ben klik "Wysig hierdie bladsy" op 'n bladsy.
- Ansie klik "Wysig hierdie bladsy" op dieselfde bladsy, terwyl Ben dit redigeer.
- Ben voltooi sy wysigings en druk "Stoor wysigings". Die bladsy word gestoor met Ben se weergawe, terwyl Ansie nog steeds besig is met haar redigering.
- Ansie voltooi haar wysigings en druk "Stoor wysigings". Ansie kry 'n "wysigingskonflik" bladsy, omdat die wiki-sagteware nie outomaties die verskille kan versoen tussen Ben en Ansie se weergawes van die bladsy nie. Die wysigskonflikbladsy gee Ansie 'n kans om die verskille met die hand te versoen.