Wiktor Wasnetsof | |
---|---|
![]() Selfportret, 1868 | |
Geboortenaam | Wiktor Michailowitsj Wasnetsof (Ви́ктор Миха́йлович Васнецо́в) |
Gebore | 15 Mei [O.S. 3 Mei] 1848 Wjatka |
Sterf | 23 Junie 1926 (op 78) Moskou |
Nasionaliteit | Russies |
Veld | Skilderwerk |
Opleiding | Keiserlike Kunsakademie |
Beweging | Simbolisme, geskiedeniswerke |
Beskermhere | Pawel Tretjakof Sawwa Mamontof |
Beïnvloed deur | Slawiese mitologie |
Wiktor Michailowitsj Wasnetsof (Russies: Виктор Михайлович Васнецов); 15 Mei (nuwe styl) 1848 – 23 Junie 1926) was ’n Russiese kunstenaar wat in mitologiese en historiese onderwerpe gespesialiseer het. Hy word beskou as ’n sleutelfiguur van die Opwekkingsbeweging in Russiese kuns.