Wilde-amandel | |
---|---|
![]() | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Genus: | Brabejum |
Spesie: | B. stellatifolium
|
Binomiale naam | |
Brabejum stellatifolium L., (1753)
| |
Sinonieme | |
Die Wilde-amandel (Brabejum stellatifolium) is 'n groot struik of boom met spreiende takke. Hierdie spesie word net in die Wes-Kaap aangetref waar dit in beskutte valleie en langs strome groei. Die onvolwasse vrugte is bruinrooi en ongeveer 5 mm lank. Soos die vrugte ouer raak, word hulle bruin en fluweelagtig. Hulle bereik dan 'n grootte van ongeveer 4,5 x 3 cm.
Daar is slegs een spesie in die genus wat Brabejum 'n monotipiese takson maak. Die boom se FSA-nommer is 72.[1]