Wilkie Collins

William Wilkie Collins
Gebore8 Januarie 1824
Sterf23 September 1889
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepSkrywer
Kinders3
Handtekening
Portret deur John Everett Millais, 1850

William Wilkie Collins (8 Januarie 182423 September 1889) was 'n Engelse romansier, dramaturg en skrywer van kortverhale wat veral bekend is vir The Woman in White (1859) en The Moonstone (1868). Laasgenoemde is by geleentheid die eerste moderne Engelse speurverhaal genoem. Collins, wat in Londen gebore is, se vader William Collins was 'n skilder. Collins het in Italië en Frankryk grootgeword, en het Frans en Italiaans aangeleer. Hy het sy werks-loopbaan begin as klerk vir 'n teehandelaar. Na sy eerste roman, Antonina in 1850 verskyn het, het hy vir Charles Dickens ontmoet, wat 'n groot vriend en mentor geword het. Sommige van Collins se werke, soos All the Year Round en Household Words het aanvanklik in Dickens se tydskrifte verskyn, en hulle het ook saamgewerk op drama- en fiksie projekte. Collins het finansiële stabiliteit en internasionale aansien behaal deur middel van sy bekendste werke van die 1860's, maar het begin ly aan jig. Hy het opium vir die pyn geneem, en in die proses 'n verslawing ontwikkel. In die 1870's en 1880's het die kwaliteit van sy skryfwerk saam met sy gesondheid afgeneem. Collins was krities oor die huwelik; en dus het hy sy tyd verdeel tussen Caroline Graves en sy huweliksmaat in terme van die Engelse gemeenregtelike reg, Martha Rudd, saam met wie hy drie kinders gehad het.[1] .[2]

  1. The Cambridge Companion to Wilkie Collins; Chronology. Cambridge University Press. 2006. pp. xiii–xix. ISBN 0-521-84038-4.
  2. Clarke, William M. (2003). Introduction to The Legacy of Cain. UK: Alan Sutton. pp. v–x. ISBN 0-7509-0453-4.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne