Willem III | |||||
---|---|---|---|---|---|
![]() | |||||
Koning van die Nederlande | |||||
Heerskappy | 17 Maart 1849 – 23 November 1890 | ||||
Inhuldiging | 12 Mei 1849 | ||||
Voorganger | Willem II | ||||
Opvolger | Wilhelmina | ||||
Groothertog van Luxemburg | |||||
Heerskappy | 17 Maart 1849 – 23 November 1890 | ||||
Voorganger | Willem II | ||||
Opvolger | Adolphe | ||||
Hertog van Limburg | |||||
Heerskappy | 17 Maart 1849 – 23 Augustus 1866 | ||||
Voorganger | Willem II | ||||
Gebore | Brussel, Verenigde Koninkryk van die Nederlande | 19 Februarie 1817||||
Oorlede | 23 November 1890 (op 73) Het Loo Palleis, Apeldoorn, Nederland | ||||
Begrafnis | 4 Desember 1890 Nieuwe Kerk, Delft, Nederland | ||||
Eggenoot |
| ||||
Issue | |||||
| |||||
Huis | Oranje-Nassau | ||||
Vader | Willem II van Nederland | ||||
Moeder | Anna Pavlovna van Rusland | ||||
Religie | Hollands Gereformeerde Kerk |
Willem III (Nederlands: Willem Alexander Paul Frederik Lodewijk; Engels: William Alexander Paul Frederick Louis; 19 Februarie 1817 - 23 November 1890) was van 1849 tot sy dood in 1890 koning van Nederland en groothertog van Luxemburg. Hy was ook die hertog van Limburg vanaf 1849 tot die afskaffing van die hertogdom in 1866.
Willem was die seun van koning Willem II en Anna Pavlovna van Rusland. Met die abdikasie van sy oupa Willem I in 1840 word hy die prins van Oranje. Na die dood van sy vader in 1849, volg hy hom op as koning van Nederland.
Willem is in 1839 met sy niggie Sophie van Württemberg getroud en hulle het drie seuns gehad, Willem, Maurice en Alexander, wat almal voor hom oorlede is. Ná Sophie se dood in 1877 trou hy in 1879 met Emma van Waldeck en Pyrmont en hulle het een dogter, Wilhelmina gehad, wat Willem opgevolg het op die Nederlandse troon. Terwyl hy die laaste agnatiese dinastiese afstammeling was van Otto I, graaf van Nassau, het die troon van die Groothertogdom Luxemburg oorgegaan aan sy patrilineale sewentiende neef wat eens verwyder is (en die matrilieniese derde neef), Adolphe. Tot op hede is hy die laaste Nederlandse koning wat op die troon gesterf het.