William Booth | |
![]() William Booth in ongeveer 1890 | |
1ste Generaal van die Heilsleër
| |
Ampstermyn 1865 – 1912 | |
Voorafgegaan deur | Nuwe amp |
---|---|
Opgevolg deur | Bramwell Booth |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Sneinton, Nottingham, Engeland | 10 April 1829
Sterf | 20 Augustus 1912 (op 83) Hadley Wood, Londen, Engeland |
Eggenoot/-note | Catherine Mumford |
Kind(ers) | Bramwell, Ballington, Kate, Emma, Herbet, Marie, Evangeline, Lucy |
Religie | Christendom |
William Booth (1829–1912) was 'n Britse evangelis. Hy was die stigter en die eerste generaal van die Heilsleër.[1] Hy het dié organisasie in 1865 as die The Christian Mission gestig, en dit in 1878 na die Heilsleër hernoem.[2] Hierdie Christelike beweging met sy kwasi-militêre struktuur het vanuit Londen na verskeie wêrelddele versprei en is bekend vir die humanitêre hulp wat hulle lewer.