William Holman Hunt | |
---|---|
Selfportret, 1867, Galleria degli Uffizi, Florence | |
Gebore | |
Sterf | 7 September 1910 (op 83) Kensington, Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk |
Nasionaliteit | Engels |
Burgerskap | Brits |
Beroep | skilder |
Beweging | Orientalisme; Broederskap van die Pre-Rafaëliete |
Handtekening | |
William Holman Hunt (2 April 1827 – 7 September 1910) was ‘n Engelse skilder en een van die stigterslede van die Broederskap van die Pre-Rafaëliete. Sy skilderye is bekend om hul aandag aan detail, kleurrykheid en uitgebreide simboliek. Hierdie kenmerke is beïnvloed deur die skryfwerk van John Ruskin en Thomas Carlyle, ingevolge wie die wêreld gesien moes word as ‘n stelsel van visuele tekens. Volgens Hunt was dit die plig van die kunstenaar om die samespraak tussen hierdie tekens en feite te onthul. Hunt het regdeur sy loopbaan die getrouste gebly aan die ideale van die beweging. Hy was altyd gretig gewees om die gewildheid en openbare aantrekkingskrag van sy werke te bevorder.[1]