Windpomp

'n Windpomp op 'n plaas.

'n Windpomp is 'n tipe windmeul waarmee water deur middel van windkrag gepomp word. Dit kan water uit boorgate, putte, fonteine, damme en riviere pomp en kan ook vir die dreinering van moerasse gebruik word. Dit word meestal vir die voorsiening van water vir huishoudelike gebruik, veesuipings en leivoorbesproeiing aangewend. Windpompe word tot vandag toe algemeen op die Suid-Afrikaanse platteland en in buurlande aangetref.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne