Winnie Madikizela-Mandela | |
![]() Winnie Madikizela-Mandela in 2014 | |
Lid van die Suid-Afrikaanse Parlement
| |
Ampstermyn Mei 2009 – April 2018 | |
Ampstermyn 10 Mei 1994 – 19 Maart 1996 | |
President | Nelson Mandela |
Voorafgegaan deur | Marike de Klerk |
Opgevolg deur | Graça Machel |
Adjunkminister van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie
| |
Ampstermyn 1994 – 1995 | |
Voorafgegaan deur | Nuwe amp |
Opgevolg deur | Pallo Jordan (Kuns en Kultuur) Derek Hanekom (Wetenskap en Tegnologie) |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Nomzamo Winifred Zanyiwe Madikizela 26 September 1936 Bizana, Transkei, Unie van Suid-Afrika |
Sterf | 2 April 2018 (op 81) Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Eggenoot/-note | Nelson Mandela (1958–1996; geskei) |
Kind(ers) | Zenani (* 1959) Zindziwa (* 1960) |
Alma mater | Universiteit van Suid-Afrika |
Winnie Madikizela-Mandela (gebore as Nomzamo Winifred Zanyiwe Madikizela op 26 September 1936;[1] oorlede op 2 April 2018 in Johannesburg) was 'n Suid-Afrikaanse aktivis en politikus wat verskeie regeringsposisies beklee het, en ook hoof van die ANC se Vroueliga was. Sy was ook 'n lid van die ANC se uitvoerende komitee.
Sy was vir 38 jaar met Nelson Mandela getroud, insluitende die 27 jaar wat hy in die tronk was. Hoewel hulle steeds getroud was toe hy president van Suid-Afrika geword het in Mei 1994, was die paartjie reeds twee jaar vantevore uitmekaar. Hulle is op 19 Maart 1996 amptelik geskei,[2] maar Winnie Mandela het steeds haar teenwoordigheid in sy lewe gehandhaaf, al is hy later weer in 1998 getroud. Winnie is byna daagliks gesien waar sy haar gewese man by die Mediclinic Harthospitaal in Pretoria besoek het terwyl hy daar behandel is.[3] Van al die hooffigure wat tydens die vryheidstryd internasionale status geniet het, is sy die een wat al die jare die meeste internasionale aandag ontvang het en was gesien as die openbare gesig vir Mandela se woorde en gedagtes terwyl hy vir 27 jaar tronkstraf uitgedien het.[4]
Sy was altyd 'n omstrede aktivis wat wye steun onder haar ondersteuners gehad het, en het bekend gestaan as die "Moeder van die Nasie", maar ander het haar weer verag nadat die Waarheid-en-versoeningskommissie bevind het dat sy verantwoordelik was vir die moord, marteling, ontvoering, en aanranding op talle mans, vroue en kinders, en verder ook onregstreeks deel gehad het in nog meer soortgelyke wandade.[5]