Witkeelswael | |
---|---|
![]() | |
Volwassene met insekprooi te Klein-Mooirivier in KwaZulu-Natal | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Passeriformes |
Familie: | Hirundinidae |
Genus: | Hirundo |
Spesie: | H. albigularis
|
Binomiale naam | |
Hirundo albigularis Strickland, 1849
| |
![]() | |
verspreiding
oorwinteringsgebied somerverblyf |
Die Witkeelswael (Hirundo albigularis) is 'n sangvoëlspesie wat inheems is aan Afrika suidwaarts van die ewenaar. Hulle oorwinter in die subtrope en trek vir die somermaande veral na Suid-Afrika waar hulle broei. Die spesie het baatgevind by die aanbou van damme en brûe, wat aan hulle bykomende broeigeleenthede verskaf. In Engels staan dit bekend as die White-throated swallow.