Witstof | ||
Inligting en eksterne bronne | ||
’n Dwarsdeursnee van die rugmurg, met die grys- en witstof en die laterale, dorsale en ventrale horings aangedui. | ||
Inligting | ||
Latyn | Substantia alba | |
Eksterne bronne | ||
FMA | 83929 | |
Dorland's | White matter |
Witstof verwys na dele van die sentrale senuweestelsel wat hoofsaaklik uit gemiëlineerde aksons bestaan.[1] Daar is lank geglo witstof is passiewe weefsel, maar dit beïnvloed die leerproses en breinfunksies, moduleer die verspreiding van aksiepotensiale en koördineer kommunikasie tussen verskillende breinstreke.[2]
Witstof word so genoem vanweë die relatief ligte voorkoms daarvan in vergelyking met grysstof; die ligter voorkoms is die resultaat van die lipiedinhoud van miëlien. Die wit kleur kom egter net voor in gepreserveerde weefsel; in lewende weefsel is witstof eintlik ’n pienkerige kleur vanweë die haarvate in die weefsel.
Areas of the CNS made up mainly of myelinated axons are called white matter.