Wladimir Zjirinofski Владимир Жириновский | |
Zjirinofski in 1999 op ’n byeenkoms in Rtisjtsjewo in Saratof-oblast. | |
Ondervoorsitter van die Staatsdoema
| |
Ampstermyn 18 Januarie 2000 – 21 Desember 2011 | |
President | Wladimir Poetin Dmitri Medwedef Wladimir Poetin |
---|---|
Eerste minister | Wladimir Poetin Mikhail Kasyanof Wiktor Khristenko (waarnemend) Mikhail Fradkof Wiktor Zubkof Wladimir Poetin Wiktor Zubkof (waarnemend) Dmitri Medwedef |
Leier van die LDPR
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 14 Desember 1992 | |
Voorafgegaan deur | Party geskep |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 25 April 1946 Alma-Ata, Kazachstanse SSR, Sowjetunie |
Sterf | 6 April 2022 (op 75) Moskou, Rusland |
Politieke party | Liberaal-Demokratiese Party van Rusland |
Eggenoot/-note | Galina Lebedewa |
Kind(ers) | Igor Lebedef |
Alma mater | Moskouse Staatsuniversiteit |
Religie | Oosters-Ortodokse Kerk |
Handtekening |
Wladimir Wolfowitsj Zjirinofski (gebore Eidelsjtein; Russies: Владимир Вольфович Жириновский; ook Zjirik genoem; Alma-Ata, Kazachstanse SSR, Sowjetunie; 25 April 1946 - 6 April 2022) was ’n Russiese politikus, kolonel van die Russiese weermag en die stigter en leier van die regse populistiese LDPR. Dié party was slegs die tweede geregistreerde politieke party in Rusland en dus die eerste amptelike opposisieparty. Voor Zjirinofski in 1993 die politiek betree het, het hy by die groot uitgewer Mir gewerk.