Wobbe-indeks

Die Wobbe-indeks van 'n brandgas (of stookgas) is die belangrikste indikasie van die uitruilbaarheid van brandstofgasse soos natuurlike gas, vloeibare petroleumgas (VPG), en dorpsgas. Dit gee 'n indikasie of die gas dieselfde energie-uitset sal kan produseer wanneer die samestelling van die gas verander sonder om die brander te vervang of om die brandgasbeheerklep te verstel. Dus, indien 'n brandgas se samestelling verander en veroorsaak dat die hittewaarde verlaag, maar die digtheid verlaag terselfdetyd sodat die Wobbe-indeks dieselfde bly, gaan die verlies in hittewaarde opgemaak word deur 'n hoër gasvloei en hoef die brander nie verander hoef te word nie. Die vergelyking vir Wobbe-indeks word soos volg gegeeː

Waar

  • = Wobbe-indeks in dieselfde eenhede van energie per mol, bv MJ/m3n of MJ/mol. Die eenhede van WI sal dieselde wees as die eenhede van as omdat dimensieloos is. Verder, indien die lae hittewaarde (LHW) is, dan praat ons van die "lae WI" en as die hoë hittewaarde (HHW) gebruik word, dan praat ons van die hoë WI.
  • = Hittewaarde van die gas (gewoonlik word die lae hittewaarde gebruik)
  • = Relatiewe digtheid van die gas. Dit is die digtheid van die gas in vergelyking met die digtheid van lug wanneer beide by dieselfde verwysingskondisies is.
  • = digtheid,
  • staan vir standaard temperatuur en druk (101.325 kPa en 0 °C of 273.15 K)
  • = molêre massa van die brandgas | = molêre massa van lug = 28.96 kg/kmol

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne