Woestynsand (kleur)

#EDC9AF

Woestynsand is 'n helder taankleur wat ooreenstem met die kleur van 'n woestyn se sand. Dit kan ook beskou word as 'n diep skakering van beige.

In 1998 het Crayola 'n krytkleur genaamd "woestynsand" begin maak.[1]

Die kleur regs stem ooreen met die ligste van die drie kleure in die 3-kleurige woestynkamoefleeruniform van die Verenigde State van Amerika Gewapende Magte,[2] wat sedert 1990 die 6-kleurige Desert Battle Dress uniform vervang het.

  1. Crayola crayon colors
  2. Three Color Desert Camouflage Pattern (blaai halfpad ondertoe op die webbladsy):

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne