Wolf Dieter Prix (* 13 Desember 1942 in Wene, Oostenryk) is 'n Oostenrykse argitek. In 1968 was hy een van die medestigters van die Weense argitekte-ateljee Coop Himmelb(l)au wat internasionale erkenning geniet as een van die vernaamste verteenwoordigers van dekonstruktivisme.