Wolffbuis

Die kloaak en Wolffbuis van ’n menslike embrio van 25-27 dae oud.

Die Wolffbuis of mesonefriese buis is ’n orgaan wat in soogdiere, insluitende mense, voorkom tydens die ontwikkeling van die embrio.

Die Wolffbuis verbind die primitiewe nier, die mesonefros, met die kloaak. Manlike urogenitale strukture wat daaruit ontstaan, sluit in die saadleiers, saadsakkies en ejakulasiebuise.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne