Kaart | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Ligging in Oos-Voorpommere | |
Land | ![]() |
Deelstaat | ![]() Voorpommere |
Koördinate | 54°3′N 13°46′E / 54.050°N 13.767°O |
Stigting | Voor 1123 |
Stadstatus | 1282 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 61,52 vk km |
Hoogte bo seevlak | 12 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2013) | 12 355[1] |
- Bevolkingsdigtheid | 200,8/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Stefan Weigler |
Amptelike Webwerf | www.wolgast.de |
Wolgast is 'n stad in die uiterste noordooste van Duitsland. Dit maak deel uit van die administratiewe distrik Oos-Voorpommere en dien as administratiewe sentrum van die Amt Am Peenestrom, 'n munisipaliteit met nege ander nedersettings. Dit staan onder meer bekend as die geboortestad van die skilder Philipp Otto Runge (1777-1810), die grondlegger van die Romantiese skilderkuns in Duitsland. Sy geboortehuis naby die hawe, die Rungehaus, is in 'n museum omgeskep.
Die plaaslike ekonomie baseer op skeepsbou en toerisme: die Middeleeuse oustad van Wolgast is in die somer 'n trekpleister vir duisende toeriste.