Wouter De Wet (Wollie) Bronkhorst (Laingsburg [waarskynlik], Kaapkolonie, 7 Oktober 1901 – Kaapstad, 5 Augustus 1970) was ’n Suid-Afrikaanse argitek wat bekendheid verwerf het vir die ontwerp van talle kerkgeboue, kerksale, sendinghospitale, weeshuise en ouetehuise.