'n Woordspeling (in Engels pun), wat ook paronomasia genoem word, is 'n soort spel met woorde wat op twee of meer betekenisse dui deur veelvuldige betekenisse van woorde te benut, of van woorde wat dieselfde klink, vir 'n bedoelde humoristiese or retoriese effek.[1][2] Hierdie meerduidigheid kan voortspruit uit die doelbewuste gebruik van homofone, homografiese, metonimiese of beeldende taalgebruik. 'n Woordspeling verskil van 'n malapropisme ('n taalflater) deurdat 'n malapropisme 'n verkeerde variasie van 'n korrekte uitdrukking is, terwyl 'n woordspeling uitdrukkings met verskeie korrekte interpretasies behels. Woordspelings kan beskou word as in-grappe of idiomatiese konstruksies, aangesien hulle gebruik en betekenis net tot 'n bepaalde taal en sy kultuur behoort.
Woordspelings het 'n lang geskiedenis in menslike geskryf. Sumeriaanse wigskrif en Egiptiese hirogliewe is aanvanklik op woordspelingstelsels gegrond, en die Romeinse dramaturg Plautus was beroemd vir sy woordspelings en woordspeletjies.[3][4] Woordspelings is al die lof toegeswaai as die grondliggende konsep agter alfabette, geskryf en selfs die menslike beskawing.[3]