Worcestersous is 'n gegiste vloeistofkruiery. Dit is dikwels 'n bestanddeel van Walliese toebroodjies (Engels: rarebit),[1] Caesar-slaai, "Oesters Kirkpatrick", en soms by "chili con carne", chakalaka, beesbredie, hamburgers en ander vleisgeregte. Worcestersous word ook gebruik om mengeldrankies soos 'n "Bloody Mary" of 'n "Caesar" te geur.