Kaart | Wapen |
![]() | |
![]() | |
Vlag | |
![]() | |
Land | ![]() |
Deelstaat | ![]() |
Koördinate | 53°13′N 8°56′O / 53.217°N 8.933°O |
Stigting | 1218 (eerste verwysing) |
Oppervlak: | |
- Totaal | 76,1 vk km |
Hoogte bo seevlak | 20 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2012) | 9 167 |
- Bevolkingsdigtheid | 120,5/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Stefan Schwenke |
Amptelike Webwerf | www.worpswede.de |
Worpswede is 'n dorp in die distrik Osterholz van die deelstaat Nedersakse (Noord-Duitsland). Worpswede lê aan die Hammerivier noordoos van Bremen in die heidelandskap van die Teufelsmoor. Die Weyerberg is op 'n hoogte van 54 meter die enigste bergpiek in die vlaktes van die omgewing.
Worpswede het internasionale bekendheid verwerf danksy die kunstenaarskolonie wat hier in 1889 as 'n lewens- en werkgemeenskap van kunstenaars gestig is. Die Künstlerhäuser Worpswede is vandag 'n belangrike Duitse instelling wat beurse aan jong kunstenaars toeken. Worpswede lok met sy natuurskoon en kulturele instellings talle besoekers en kunstenaars en is 'n belangrike ontspanningsgebied vir die nabygeleë stad Bremen.
Die huidige munisipaliteit Worpswede behels naas die oorspronklike dorp kleiner nedersettings - Hüttenbusch, Mevenstedt, Neu Sankt Jürgen, Ostersode, Schlußdorf, Überhamm en Waakhausen - wat by Worpswede ingesluit is. Die munisipaliteit het 'n oppervlakte van 76,13 vierkante kilometer en 9 376 inwoners.