Xenu

Xenu (/ˈziːnuː/),[1][2] ook Xemu genoem, was volgens Sciëntologie se stigter L. Ron Hubbard, die diktator van die "Galactic Confederacy" (Galaktiese Verbond) wat 75 miljoen jaar gelede miljarde[3] van sy mense na die Aarde (toe bekend as "Teegeeack") gebring het in ruimtetuie wat soos DC-8 vliegtuie gelyk het, rondom vulkane gestapel het, en hulle met waterstofbomme doodgemaak het. Amptelike Sciëntologiese geskrifte beweer dat die thetane (onsterflike siele) van hierdie buiteruimtelike weses vasklou aan mense, en hulle sodoende geestelike skade berokken.[4][5]

Hierdie gebeure staan in Sciëntologie as "Incident II" (Voorval II) bekend,[6] en die traumatiese herinneringe wat daarme verband sou hou as "The Wall of Fire" (Die Muur van Vuur) of die "R6 implant" (R6 implantaat). Die verhaal van Xenu vorm deel van Sciëntologiese leerstellings oor buiteruimtelike beskawings en ingrypings in aardse gebeure, wat gesamentlik deur Hubbard as "space opera" (ruimte opera) beskryf word. Hubbard het die verhaal in die studiemateriale vir Operating Thetan vlak III (OT III) in 1967 beskryf, en gewaarsku dat die vorige trauma van die "R6 implant" enigiemand wat dit sou probeer oplos kon doodmaak, byvoorbeeld deur longontsteking.[7]

Binne die Kerk van Sciëntologie maak die verhaal van Xenu deel uit van die geheime "Gevorderde Tegnologie", en word as 'n heilige en esoteriese leerstelling beskou,[8] wat gewoonlik net openbaar word aan lede wat reeds 'n lang reeks kursusse voltooi het wat groot bedrae geld kos.[9] Die kerk vermy enige melding van Xenu in openbare verklarings, en het pogings aangewend om die verhaal geheim te hou, insluitend regsaksie op grond van kopiereg en handelsgeheime.[10] Amptenare van die Kerk van Sciëntologie probeer gewoonlik om die Xenu verhaal te ontken of verhul.[11][12] Ten spyte hiervan het baie materiaal oor Xenu deur hofdokumente en afskrifte van Hubbard se notas, via die media en die Internet aan die publiek bekend geword. In kommentare oor die impak van die tekste oor Xenu, het akademici Hubbard se geskrifte en hulle plek binne Sciëntologie ontleed binne die konteks van wetenskapfiksie, UFO godsdienste, Gnostisisme en skeppingsmites.

  1. Sappell, Joel; Robert W. Welkos (Junie 24, 1990). "Defining the Theology: The religion abounds in galactic tales". Los Angeles Times. p. 11A. Geargiveer vanaf die oorspronklike op Junie 25, 2009. Besoek op Januarie 21, 2009.
  2. Hargrove, Mary (Tribune Managing Editor/Projects) (10 Maart 1992). "Church battles critics – Mental treatment clashes with regulators, psychiatrists". Tulsa World. World Publishing Co. p. 1A. {{cite news}}: |first= has generic name (hulp)
  3. Partridge 2003, pp. 263–264
  4. Lewis, James R. (2004). The Oxford Handbook of New Religious Movements. Oxford University Press. pp. 360, 427, 458. ISBN 0-19-514986-6.
  5. Scott, Michael Dennis (2004). Internet And Technology Law Desk Reference. Aspen Publishers. p. 109. ISBN 0-7355-4743-2.
  6. Savino & Jones 2007, p. 55
  7. Corydon & Hubbard, Jr. 1987, p. 364
  8. Mikael Rothstein (2009). ""His name was Xenu. He used renegades …": Aspects of Scientology's Founding Myth". In James R. Lewis (red.). Scientology. Oxford University Press USA. p. 367. ISBN 978-0-19-533149-3.
  9. Sappell, Joel; Robert W. Welkos (24 Junie 1990). "The Scientology Story". Los Angeles Times: A36:1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2008. Besoek op 3 Desember 2008. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  10. Frankel, Alison (Maart 1996). "Making Law, Making Enemies". American Lawyer: 68. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  11. Urban, Hugh B. (Junie 2006). "Fair Game: Secrecy, Security, and the Church of Scientology in Cold War America". Journal of the American Academy of Religion. Oxford University Press. 74 (2): 356–389. doi:10.1093/jaarel/lfj084. ISSN 1477-4585. {{cite journal}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  12. Jordison, Sam (2005). The Joy of Sects. Robson. p. 193. ISBN 1-86105-905-1.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne