Xuanzang (Chinees: 玄奘, Pinyin Xuánzàng, soms geskrewe as Hsüan-tsang of Hiuan-tsang; 602–664) was 'n Chinese Boeddhistiese monnik, geleerde en reisiger. Hy het beroemd geword vir sy sewentien jaar lange landreis na Indië (waaronder Nalanda), wat breedvoerig opgeneem is in die klassieke Chinese teks "Groot Tang Rekords oor die Westerse Areas", wat op sy beurt die inspirasie gelewer het vir die roman "Die reis na die weste" geskryf deur Wu Cheng'en tydens die Ming-dinastie, ongeveer nege eeue na die dood van Xuanzang.[1]