Yakovlev Yak-23

Yakovlev Yak-23
Poolse Yak-23 in die Lubuskie Muzeum Wojskowe, Drzonów
Tipe Vegvliegtuig
Vervaardiger Yakovlev
Nooiensvlug 8 Julie 1947
Bekendstelling 1949
Onttrek Laat 1960's
Status Onttrek
Hoofgebruikers Sowjetlugmag
Poolse Lugmag
Vervaardig 1949–1951
Aantal gebou 316 + 3 prototipes
Ontwikkel van Yakovlev Yak-17

Die Yakovlev Yak-23 is 'n vegvliegtuig van die Sowjetunie wat die laaste ontwikkeling is van die Yak-15/17 familie. Dit grootste verskil van die Yakovlev Yak-17 is die stertvin wat groter is met hoogteroer wat hoër gemonteer is. Die vliegtuig was ontwerp as 'n dagligvegter en het sy nooiensvlug op 17 Junie 1947 voltooi. Dit was aangedryf deur 'n ingevoerde Rolls-Royce Derwent motor.

Die produksie-eenhede was aangedryf deur 'n Russiesvervaardigde Derwent motor, die RD-500 en 310 eenhede is uitgerol vanaf 1948. Ander Oosbloklande soos Bulgarye, Roemenië, Pole en Tsjeggo-Slowakye het ook die vliegtuig gebruik. Die Yak-23 was gesien as bystand aan die nuwer geslag vegvliegtuie soos hulle beskikbaar word en was later vervang deur die MiG-15 vanaf die middel van die 1950's in al die Oosbloklande.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne