Yakovlev Yak-9 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Yakovlev |
Ontwerp deur | Alexander Sergeevich Yakovlev |
Nooiensvlug | 1943 |
Status | Onttrek |
Hoofgebruiker | Russiese Lugmag |
Vervaardig | 1942–1948 |
Aantal gebou | 16 769 |
Die Yakovlev Yak-9 was 'n vegvliegtuig wat deur Rusland ontwikkel en gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die Yakovlev Yak-9 is ontwikkel uit die Yakovlev Yak-7. Die Yak-7 is ontwikkel as 'n tweesitplek opleidingsvliegtuig maar sy vliegvermoë was beter as die van die Yak-1 en gevolglik was 'n enkelsitplek-vegvliegtuigweergawe bestel waarvan meer as 5 000 gebou is.