Yoweri Museveni | |
Yoweri Museveni in 2015 | |
9de President van Uganda
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 29 Januarie 1986 | |
Vise | Samson Kisekka Specioza Kazibwe Gilbert Bukenya Edward Ssekandi Jessica Alupo |
---|---|
Eerste minister | Samson Kisekka George Cosmas Adyebo Kintu Musoke Apollo Nsibambi Amama Mbabazi Ruhakana Rugunda Robinah Nabbanja |
Voorafgegaan deur | Tito Okello |
Sekretaris-generaal van die Beweging van Onverbonde Lande
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 16 Januarie 2024 | |
Voorafgegaan deur | İlham Əliyev |
5de Voorsitter-in-kantoor van die Britse Statebond
| |
Ampstermyn 23 November 2007 – 27 November 2009 | |
Monarg | Elizabeth II |
Voorafgegaan deur | Lawrence Gonzi |
Opgevolg deur | Patrick Manning |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Yoweri Kaguta Museveni Tibuhaburwa 15 September 1944 Ntungamo, Protektoraat Uganda (nou Uganda) |
Politieke party | NRM UPM |
Ouers | Amos Kaguta (vader) Esteri Kokundeka Nganzi (moeder) |
Eggenoot/-note | Janet Museveni (huwelik in 1973) |
Kind(ers) | 4, waaronder Muhoozi |
Alma mater | Universiteit van Dar-es-Salaam |
Handtekening | |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Uganda |
Diens/Tak | Front for National Salvation Popular Resistance Army National Resistance Army |
Jare in diens | 1971–1986 |
Rang | Generaal |
Oorloë/Veldslae | Inval in Uganda in 1972 Ugandees-Tanzaniese oorlog Ugandese Bosoorlog |
Yoweri Kaguta Museveni (gebore 15 September 1944) is 'n Ugandese politikus wat sedert 1986 as president van Uganda dien. Museveni was betrokke by rebelle wat berugte Ugandese leiers Idi Amin (1971–79) en Milton Obote (1980–85) omvergewerp het voordat hy die mag in die 80's oorgeneem het.
In die middel- tot laat 1990's is Museveni deur die Weste gevier as deel van 'n nuwe generasie Afrikaleiers. Tydens Museveni se presidentskap het Uganda relatiewe vrede en aansienlike sukses beleef in die stryd teen MIV/VIGS. Terselfdertyd bly Uganda 'n land wat ly onder hoë vlakke van korrupsie, werkloosheid en armoede.
Museveni se presidentskap is geskend deur betrokkenheid by die burgeroorlog in die Demokratiese Republiek die Kongo en ander konflikte in die Groot Mere van Afrika-streek; die rebellie in Noord-Uganda deur die Lord's Resistance Army wat 'n humanitêre nood veroorsaak het en die onderdrukking van politieke opposisie en grondwetlike wysigings wat die presidensiële limiete (2005) en die presidensiële ouderdomsbeperking (2017) vernietig, wat die uitbreiding van sy bewind moontlik maak.