Ysdans is 'n dissipline van figuurskaats wat afkomstig is van baldanse. Dit is by die Wêreld Figuurskaatskampioenskappe ingesluit in 1952, en het in 1976 'n medaljesport by die Olimpiese Winterspele geword.
Soos in paarskaats, kompeteer dansers as 'n paar, bestaande uit 'n man en vrou. Ysdans verskil van paarskaats in die verskillende vereistes vir oplig. Paartjies moet as 'n span in 'n danshouding spinbewegings uitvoer, en gooi- en springbewegings is ontoelaatbaar. Kenmerkend van ysdans, is paartjies nie veronderstel om vir meer as twee armlengtes van mekaar geskei te wees nie. Aanvanklik was die dansmaats veronderstel om deur die hele verloop van die dansprogram in 'n danshouding te wees. In moderne ysdans is hierdie beperking egter ietwat opgehef.
Nog 'n onderskeid tussen ysdans en ander skaatsdissiplines is die gebruik van musiek by die optredes. By ysdans moet dansers altyd skaats op musiek met 'n definitiewe maatslag of ritme. Enkel- en paarskaatsers fokus meer dikwels op die melodie en frasering van hul musiek, eerder as op die maatslag. Dit word egter streng gepenaliseer by ysdans.
Solo-dansers mag ook meeding in sommige nie-ISU kompetisies.