Yuval Noah Harari

Yuval Noah Harari
Yuval Harari in 2017.
Gebore24 Februarie 1976
Kiryat Ata, Israel
NasionaliteitVlag van Israel Israel
BeroepSkrywer, historikus

Yuval Noah Harari (gebore op 24 Februarie 1976) is 'n Israelse geskiedkundige en professor by die Departement van Geskiedenis aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem.[1]. Hy is die skrywer van die internasionale topverkopers Sapiens: A Brief History of Humankind (2014), Homo Deus: A Brief History of Tomorrow (2016) en 21 Lessons for the 21st Century (2018). Sy skryfwerk ondersoek vrye wil, bewustheid, en intelligensie.

Harari se vroeëre publikasies handel met wat hy beskryf as die "kognitiewe revolusie" wat rofweg 50 000 jaar gelede plaasgevind het toe Homo sapiens hul mededinger, die Neanderdallers, verdring het en taalvaardighede en gestruktureerde samelewingstrukture begin ontwikkel het en opgang gemaak het as apeksroofdiere. Die ontwikkeling is aangehelp deur die landbourevolusie en meer onlangs versnel deur die wetenskaplike metodologie en rasionalisme, wat mense toegelaat het om hul omgewing te oorheers.

Sy onlangse boeke is meer omsigtig, en werk deur die gevolge van 'n futuristiese biotegnologiese wêreld waar intelligente biologiese organismes verdring word deur hul eie skeppings. Hy het ook gesê dat "Homo sapiens soos hy tans daaruitsien binne ongeveer 'n eeu sal verdwyn".[2]

  1. [http://www.ynharari.com/ Yuval Harari se blad by die webwerf van die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem
  2. Andrew Anthony, Lucy Prebble, Arianna Huffington, Esther Rantzen and a selection of our readers (19 Maart 2017). "Yuval Noah Harari: 'Homo sapiens as we know them will disappear in a century or so'". The Observer (in Engels). ISSN 0029-7712. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 April 2020. Besoek op 17 Maart 2018.{{cite news}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne