ZFC Meuselwitz

ZFC Meuselwitz

Volledige naam Zipsendorfer Fußballclub
Meuselwitz e.V.
Stigtingsdatum 1919
Tuisveld bluechip-Arena,
Meuselwitz
Kapasiteit 4 000
Kompetisie Oberliga Noordoos-Suid

ZFC Meuselwitz is 'n sokkerklub uit Meuselwitz in die deelstaat Thuringen in Duitsland. Alhoewel die klub se primêre afdeling sokker is, het dit ook 'n trompoppie- en kegelbalafdeling. Zipsendorf is sedert 1976 'n deel van Meuselwitz.

Die klub is oorspronklik in 1919 gestig as Aktivist Zipsendorf. Na die Tweede Wêreldoorlog het die klub bekend gestaan as BSG Aktivist Zipsendorf. Nadat Zipsendorf by Meuselwitz ingelyf is, het die naam in 1976 verander na BSG Aktivist Meuselwitz. Na die Duitse hereniging het die klub vir 'n kort tydjie as die sokkerafdeling van SV Bergbau gespeel (1991) en daarna onafhanklik geword as FV Zipsendorf. Die naam is in 1994 verander na die huidige Zipsendorfer Fußballclub Meuselwitz.

Die klub se tuisveld is die bluechip-Arena, onlangs vernoem na 'n stadionborg. Die tradisionele naam was sedert die oprigting in 1953 Stadion Glaserkuppe.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne