Zenon van Elea | |
Standbeeld van Zenon van Elea of Zeno van Citium
| |
Gebore | ca. 490 v.C. Elea |
---|---|
Oorlede | ca. 430 v.C. (op ca. 60) Elea of Sirakuse |
Nasionaliteit | Antieke Griekeland |
Vakgebied | Metafisika, ontologie |
Bekend vir | Zenon se paradokse |
Beïnvloed deur | Parmenides |
Invloed op | Plato, Aristoteles, Protagoras, Gorgias |
Zenon van Elea (Grieks: Ζήνων ὁ Ἐλεάτης) (ca. 490 v.C. – ca. 430 v.C.) was 'n Voorsokratiese Griekse filosoof van suid-Italië en 'n lid van die Eleatiese skool wat deur Parmenides gestig is. Aristoteles het hom die uitvinder van die dialektiek genoem.[1] Hy is besbekend om sy paradokse, wat deur Bertrand Russell beskryf is as "onmeetlik subtiel en diepsinnig".[2]