Zucchero | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Adelmo Fornaciari |
Gebore | 25 September 1955[1] |
Oorsprong | Roncocesi,[1] Reggio Emilia, Emilia-Romagna, Italië |
Genres |
|
Beroep(e) |
|
Instrumente | |
Etikette | Polydor Records, Universal Music Group |
Webwerf | www |
Adelmo Fornaciari Cavaliere di Gran Croce OMRI[2] (Italiaanse uitspraak: aˈdɛlmo fornaˈtʃaːri; gebore 25 September 1955), meer algemeen bekend as Zucchero Fornaciari of slegs Zucchero (Italiaanse uitspraak: ˈdzukkero), is 'n Italiaanse sanger-liedjieskrywer en musikant. Sy naam is Italiaans vir "suiker", die naam wat sy kleuterskool onderwyseres vir hom gebruik het.[3][4] Sy musiek word grootliks geïnspireer deur gospel-, soul-, blues- en rockmusiek en 'n mengsel van Italiaanse ballades en die meer ritmiese R&B boogie.[1] Hy word erken as die "vader van Italiaanse blues", en het blues bekendgestel as 'n hoofstroomgenre in Italië.[1] Hy is een van die min Europese blueskunstenaars wat steeds internasionale aansien geniet.[1]
Fornaciari het in sy loopbaan van meer as drie dekades reeds meer as 60 miljoen albums verkoop.[5][6] Op internasionale vlak is sy mees suksesvolle enkelsnitte "Diamante", "Il Volo", "Baila morena", en die duet "Senza una donna" saam met Paul Young. Hy het reeds verskeie toekennings ontvang, insluitende vier Festivalbar-toekennings, nege Wind Music-toekennings, twee World Music-pryse (1993, 1996),[7] ses IFPI Europa Platinum-toekennings[8] en 'n Grammy benoeming.[9] Hy het saamgewerk met kunstenaars soos Eric Clapton, Jeff Beck, Stevie Ray Vaughan, Brian May, Miles Davis, Ray Charles, B. B. King, Sting, Bono, Dolores O'Riordan, Paul Young, Peter Gabriel, Luciano Pavarotti, en Andrea Bocelli.[1][3]
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
{{cite news}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
{{cite book}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)