Die nasionale vlag van Sri Lanka (Singalees: ශ්රී ලංකාවේ ජාතික කොඩිය, Śrī Laṃkāvē jāthika kodiya; Tamil: இலங்கையின் தேசியக்கொடி, Ilankaiyin teciyakkoṭi) is op 22 Mei 1972 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon op die wapperkant ’n donkerrooi reghoekige paneel met ’n geel fraiing waarop ’n geel leeu staande met ’n swaard regop in die regtervoorpoot en ’n geel pappelvyblaar in elke hoek is, en aan die vlagpaalkant twee vertikale bane in groen (naaste aan die vlagpaal) en oranje, saam met ’n geel fraiing.